Kudu FM in ChatGPT

Laai 'n liedjie op, wysig jou profiel, sien jou spele en harte, kies jou playlist — deur dit te vra. Jy koppel een keer, met dieselfde e-pos en wagwoord as My Liedjies.

https://mcp.kudu.fm/mcp

ChatGPT

  1. Maak chatgpt.com op 'n rekenaar in die browser oop.
  2. Gaan na Plugins in die kantbalk en kliek +. By New Plugin: naam Kudu FM; by Server URL plak https://mcp.kudu.fm/mcp; Authentication bly OAuth. Daar is niks om te plak of 'n sleutel te soek nie.
  3. Merk I understand and want to continue en kliek Create.
  4. Wanneer ChatGPT jou vra om aan te meld, gaan 'n Kudu FM-bladsy oop: tik jou My Liedjies e-pos en wagwoord in en kliek Verbind.
  5. Klaar. Kies Kudu FM in 'n geselsie en vra weg.

Claude

  1. By claude.ai: Settings → Connectors → Add custom connector.
  2. Naam: Kudu FM. Plak https://mcp.kudu.fm/mcp → Add → Connect, en meld op dieselfde Kudu FM-bladsy aan.

ChatGPT en Claude verander gereeld hul instellingskerms. Wat bly: voeg 'n eie plugin (of connector) by, plak die adres, kies OAuth, meld by Kudu FM aan. Vra 'n toepassing jou vir 'n sleutel of token, is jy op die verkeerde skerm.

Begin met hierdie sin

Plak dit in die geselsie sodra Kudu FM gekoppel is — die res volg vanself.

Ek is 'n kunstenaar op Kudu FM. Wys my hoe my liedjies doen — spele en harte — en watter op die playlist is. Daarna wil ek weet hoe ek 'n nuwe liedjie oplaai en my profiel wysig.

En daarna, byvoorbeeld

Wat dit kan doen

'n Nuwe liedjie oplaai (dit vra die titel, die taal en die genre, en gee jou dan 'n skakel waar jy net die lêer kies), jou profiel en skakels wysig, 'n nuwe profielfoto oplaai, sien hoe elke liedjie doen — spele en harte — kies jou 10 liedjies vir die playlist, en 'n liedjie afhaal of weer byvoeg. Jy kan ook ’n ISRC en woorde byvoeg. Vir ’n collab is My Liedjies steeds die plek.

Wat dit nie doen nie

Dit sien net jou eie liedjies, nooit ander kunstenaars s'n nie. Dit keur niks self goed nie — 'n liedjie of profielwysiging gaan steeds vir keuring, soos altyd — en dit haal net ’n liedjie af as jy dit vra. Jy kan net weer byvoeg wat jy self afgehaal het. Kudu FM het die laaste sê. Hoogstens 20 liedjies kan gelyk op keuring wag.

Nog nie 'n rekening nie? Skep dit eers by kudu.fm/my-liedjies.html en bevestig jou e-pos. Sonder dit kan jy nie koppel nie.

Wil jy ontkoppel? Haal die connector uit ChatGPT of Claude uit. Wil jy heeltemal seker wees, verander jou wagwoord by My Liedjies — dit sluit elke koppeling dadelik af.